Kom rus hier by ons!

Gaste Getuigskrifte

Surina Muller

Rustige weg breek van die stad.

Surina on Aug 4, 2025

Nilize en Jan het ons so welkom laat voel! Die vars gebakte brood en konfyt is 'n moet! Alles tuis gemaak uit Nilize se kombuis. Die huis is ruim met alles wat mens nodig het. Ons honde was veral mal oor die groot tuin wat omhein is. Ons het gaan stap na die plaas dam en ons verkyk aan al die veld blomme langs die riviertjie. Perfek vir 'n piekniek. Dit was n lekker wegbreek van die stad wat ons vir enigemand sal aanbeveel.

Die De Swardt Gesin

Elmarie, Danie, Quentin & Landan

17/08/2025

Beste Jan en Nilize,

Baie dankie vir die heerlike naweek en julle gasvryheid — sommer al met die WhatsApp-boodskappe voor die tyd met inligting en red uit 'n molshoop. Julle is altyd vinnig en vriendelik wanneer ons iets vra of nodig het.

Die brood was baie lekker saam met die aarbeikonfyt, en ons kan nie wag om jou ander ingelegde potjies te probeer nie. My man en kinders het lekker op hulle fietse gery, en die dam was ook ’n wenner — die kinders kon lekker met hulle bootjie roei.

Ons het goed geslaap en al die geriewe was puik. Ons kan nie wag om weer te kom nie!

Groete, 

Die De Swardt’s 

Elmarie, Danie, Quentin & Landan

George & Hanlie Wheeler

Staying at this beautiful farmhouse was an unforgettable experience. From the moment we arrived, we were surrounded by the calming sights and sounds of the countryside — rolling hills, chirping birds, and wide open skies. The house itself was a perfect blend of rustic charm and modern comfort. Spacious, spotless, and tastefully decorated, it truly felt like a home away from home.

Mornings started with fresh coffee on the veranda while watching the sunrise over the fields, and evenings ended with breathtaking sunsets and stargazing by the firepit. We loved exploring the farm, meeting the animals, and taking peaceful walks through the fields. It was the perfect escape from the hustle and bustle of everyday life.

The hosts were incredibly welcoming and thoughtful, providing everything we needed for a comfortable stay — even some fresh eggs and homemade jam as a special touch!

Whether you're looking for relaxation, family time, or a romantic getaway, this farm stay is an absolute gem. We can’t wait to return...

George & Hanlie Wheeler

Rudi Kemp

Beste Nilize & Jan

Ek en Alice het onlangs by Papkuilsvlei gaan uitspan, en dit was heerlik. Van die eerste oomblik af het ons tuis gevoel. Al was dit selfsorg, het dit glad nie so gevoel nie — die huis was knus en gemaklik, en Jan en Nilize was ongelooflik gasvry.  
Elke oggend het Nilize vir ons vars plaasbrood gebring, warm uit die oond, saam met haar tuisgemaakte konfyte. Dis daai klein dinge wat jou dag sommer spesiaal maak.  
Jan ken die area baie goed. Ons het lekker gesels — oor rooibostee, die geskiedenis, en die plaas. Jy leer sommer baie by hom.  
Die natuur daar is asemrowend. Ons het in die veld gestap, baie interessante plante en voëls gesien, en saans was die sterrekrans iets besonders. Daai stilte onder die sterre… dis iets wat jou stil maak van binne.  
Wat ons die meeste waardeer het, was hoe tuis en welkom ons gevoel het. As jy rustigheid, mooi natuur en goeie mense soek, dan is Papkuilsvlei beslis ’n plek om te gaan. Dis nie net ’n plek om te oornag nie — dis een van daai plekke waar jy weggaan, maar ’n deel van jou wil agterbly.

Rudi & Alice Kemp

Berlize Pienaar

Dogter

My ma is my veilige hawe en die mooiste voorbeeld van onselfsugtige liefde. Elke dag leef sy met ’n hart wat oorloop van omgee—sy gee haarself sonder om te vra, en maak plek vir almal in haar warmte. Sy het die ongelooflike vermoë om ’n mamma vir almal te wees: om mense te laat tuis voel, om hulle siele te streel, en om hul harte met haar sagtheid te vul. Haar kos is nie net lekker nie, dis liefde op ’n bord—’n stukkie van haar hart wat sy met elke happie uitdeel. Wat ek die meeste liefhet van haar, is hoe eg sy is. Sy’s altyd haarself: nederig, opreg, en gegrond. Sy leer my daagliks hoe ware liefde lyk—deur dade, deur haar teenwoordigheid, en deur die manier waarop sy die wêreld mooier maak net deur in hom te wees.

Gavin Lee

9/8/2023

Ons wil net dankie sê vir julle — mense wat uit hul pad gegaan het om vir ons akkommodasie te gee op so kort kennisgewing. Julle het tot ná 11 die aand gewag, waar ander plekke ons weggewys het, en dan nog seker gemaak dat ons alles het wat nodig is.

Dankie vir die wonderlike mense wat julle is. Ons sal julle beslis weer sien!

Click here to contact us on WhatsApp