Nilize en Jan het ons so welkom laat voel! Die vars gebakte brood en konfyt is 'n moet! Alles tuis gemaak uit Nilize se kombuis. Die huis is ruim met alles wat mens nodig het. Ons honde was veral mal oor die groot tuin wat omhein is.
Ons het gaan stap na die plaas dam en ons verkyk aan al die veld blomme langs die riviertjie. Perfek vir 'n piekniek.
Dit was n lekker wegbreek van die stad wat ons vir enigemand sal aanbeveel.
Baie dankie vir die mooi woorde! Kom kuier gou weer!